|
Vir die pas en oud getroudes |
| |
  |
Jy staan die oggend op na jou trou dag, ek noem dit sommer jou trou aand. Dit is die aand van die dag wat jy getrou het, met die vrou wat hopelik nou langs jou lê elke oggend as jy nog van die vaste morele bedeling is. Jy maak jou oê oop en al die spanning is verby , maande , vir pary jare , se beplanning is verby, nou is jul net meneer en mevrou.
Jy is so opgewonde die hele lewe lê voor jou uit gestrek , jy kan n leeu soos David met sy kaal hande verskeur. Maar eintlik kan jy nie wag vir die wittebrood wat jy beplan het nie. Van trou koek en blomme het jy nie regtig belanggestel nie , jy was te besig in boeke of op die internet om die perfekte wittebrood destinasie of soos ek destinasies te soek en te bestudeer. Die tyd het aangebreuk en jy kan in eindelik in jou karretjie klim en die droom `n waarheid maak… |
  |
 |
Mense se wittebrood stories is gewoonlik baie interessant , party het in n woonstel by natal gaan spandeer en ander het weer die pad gevat Kaap toe. Ek het natuurlik besluit om iets heel anders te doen, een wat ons vir die res van ons lewens sal onthou. |
 |
     
 
|
| Ons het die Sondag oggend in die motor geklim , en suidwaarts getoer. Ons eerste stop was in Clarence. Vir die wat nie weet nie , hierdie is n kunstenaars dorpie. Net buite hierdie kreatiewe paradys lê n kasteel , ja dis korrek , n kasteel soos in die storie boeke. Hulle noem dit “Castle in Clarence” of nog beter “rapunsols castle”. As jy nog nooit in n sprokie geleef of vakansie gehou het nie , dan moet jy n plan maak om hier uit te kom |
Die kasteel is gebou en ingerig met die agtergrond van ruponsal. Dis nou die meisie met die lang hare vir die wat nie kan onthou nie. Die detail wat gebruik is , is uit ‘n boek. Ek is nie seker of dit uit Die boek van die verhaal is nie , hulle skryf glo niks daarvan nie-dis nogal n jamerte. Dis moeilik om vir mense te beskryf hoe fantasties hierdie plek is maar ek gaan nogmaals probeer. |
 |
 |
Die kasteel bestaan uit drie verdiepings, twee besondere kamers met hul eie badkamers. Die een is heel bo , dit is nou natuurlik ruponsol se kamer , die ander een op die grond vloer die prins se kamer. Die verdieping tussen hulle is die kombuis en by die deur uit aan die suide kant is jou braai area en jou son onder gaan hoekie.
Wanneer jy en vroulief klaar in die solide klipbad wat uitkyk oor die ooste, geen gordyne voor die knie hoogte ruite in die bad area, dan kan jy voor die kaggel net buite die prins se kamer gaan leeg lê en die stilte waardeer. Hier waar jy die kaggel se vlamme geniet is die voorportaal, met n groot skildery van die sprokie net bo dit. |
Met n skoonmakster en n tuin ingeneur wat elke dag die kasteel soos diensknegte in orde kom kry , terwyl jy op n perd rit gaan (vra by die ontvangs “plaas gebou”) , maak dit die sprokie wrinties waar n werklikheid.
Dit was `n hartseer gesig om die kasteel agter te laat en aan te beweeg na die volgende bestemming, natuurlik het nuwe vroulief geen idée gehad waarheen ons gaan vandat ons Sondag oggend opgestaan het nie.
Ons neem die N3 verder af Natal se rigting en by Escort draai ons af. So in die verte sien jy Die berg, maar jy as man is nie seker of dit die gewilde blou, ek meen Drakensberge is nie , die gps kan jou partykeer om die bos lei. Eers wanneer jy die smal padjie vol slaggate neem kom jy agter dat die berge daar voor is regtig die Drakensberge. Giant’s Castle is ons bestemming. Met vriendelike ontvangs en n groot opgewondenheid gaan ons die Lodge binne. Ons pak ons begasie uit in een van die grasdak huisies wat regoor die groot berg staan met die rivier tussen ons. Die uitsig is asemrowend, jy moet dit eers self sien voordat jy sal verstaan wat ek bedoel. Dis Mei maand en die winter het al lankal hier sy skoene onder ons bed ingeskop. Gelukkig het elke plekkie sy eie kaggel , en as jy om die hoek loer sal jy sien daar is n hele drom vol antrasiet, maar wees gewaarsku hul probeer dit wegsteek vir jou vir n rede. |


|
As jy wel besluit om uit jou koekon te kom en die staproete na die boesman tekeninge aantedurf sal jy nie spyt wees nie. In die aand kan jy besluit om de weber wat op jou voorstoep is aan te steek of om die peperduur restaurant te besoek, hoe jy ook al wil die kos is n bysaak as dit kom by die drakensberge. |
  
  
|
Ons val weer vroeg in die pad , dit is n lang tog tot by die laaste bestemking , Cape Vidal. Cape vidal le so bietjie noord van saint lucia. Hierdie is nou vir jou n see vakansie oord wat weet wat jy nodig het. Die grootste spierwit “onbewoonde” strande wat jy al ooit teegekom het. Ek noem dit so , want toe ons daar was kon jy vir kilometers gestap het langs die see sonder om n siel te sien. Hul waarsju jou oor die seekoeie, neem dit in ag dit is n wertlikheid. As jy nou moeg is vir die see vir n dag , dan ry jy deur die resivaat , dit is na als n wildresevaart. As jy lank genoeg soek sal jy die renosters of selfs seekoeie sien. Van koedoes tot krokedille is daar baie, so neem maar n kiekie vir die mense by die huis. Daar is vele meer , soos die riptiel park , of die strand wat net rotse het oos van sint lucia ( weet nie hoekom hul dit n strand noem nie, dis dan vol rotse), of natuurlik die dorpie hom self. Een ding is verseker , cape vidal sien ons defnitief weer. |
 |
My slot som is , of jy nou al getroud is on aleenlopend , al drie hierdie plekke is die moeite werd om te besoek. In ons opinie sal ons enige dag weer die roete doen ,dit was absoluut onvergeetlik. |
 |
 |
  |
 |